NOORD-WES. – Pier Schutte, van Kakaba Game Ranch naby Dikhololo, is na bewering gisteraand tydens ‘n plaasaanval twee keer deur ‘n onbekende aantal aanvallers geskiet.
Daar word berig Schutte het net na sonsondergang na die vee gaan omsien toe hy by die stoor geskiet is. Een skoot het hom glo in sy rug van agter getref terwyl die tweede skoot hom op die kant van sy buik getref het. Hy het daarna glo skote teruggevuur, waarna die verdagtes gevlug het. Niemand is al in hegtenis geneem nie.
Hy ondergaan operasies na plaasaanval
Schutte is na die voorval na Dikhololo-hospitaal geneem waar hy eers gestabiliseer is. Daarna is hy per helikopter na Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem waar hy operasies sal ondergaan.
FiNDiT het navraag by die polisie gedoen en wag op terugvoer.
LEES OOK: Man rand swanger meisie aan, trap talle kere op haar maag
LEES OOK: ‘Sperminator’ pa van 78 kinders met nog 13 vrouens swanger
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



