’n Foto wat boekdele spreek!

Deel hierdie storie / Share this story

’n Plaaswerker wat elke jaar ’n lammetjie by haar werkgewer kry om groot te maak, het mense se harte van blydskap laat oorloop.

LEES OOK: Microblading-nagmerrie: vrou wys wenkbroue vier jaar later

Maak lam mooi groot

Die foto is deur Lomea Heyns op die Facebook-bladsy, Vroue in Landbou, gedeel. In haar inskrywing het sy gesê hoe mooi haar werknemer die lammers oppas. Die laaste rammetjie het sy so mooi versorg dat hy nou in die pragtigste ram verander het.

“Die vrou wat vir my werk, kry elke jaar ’n lam wat sy vir haar kan grootmaak. Sy kyk so mooi na hom. Hy slaap in ’n boks langs haar bed. Verlede jaar se lam was so mooi, dat hy nou ’n pragtige ram geword het. Die foto spreek boekdele!”

LEES OOK: Man oorlede na hospitaal operasie uitstel weens watertekort

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.