Is die Bidens reuse of het die Carters gekrimp?

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Foto van Joe Biden en sy vrou saam met Jimmy Carter en sy vrou het die internet aan die gons.

Is die Bidens skielik baie groter? Of het die Carters gekrimp? Dis die vrae op Twitter-gebruikers se lippe na die foto op die internet gedeel is.

Biden het volgens AFP Donderdag ‘n privaat ontmoeting met die Carters in hulle huis in Georgia gehad en die foto van dié ontmoeting lyk ietwat vreemd.

In die foto sit Jimmy en Rosalynn Carter op gemakstoele en Jill en Joe Biden kniel langs hulle. Die Bidens lyk baie groter as die Carters.

Na die foto gister geplaas is, het meer as 80 000 mense dit al gelike en duisende het kommentaar gelewer.

Dink jy ook dit lyk vreemd?