Indië se Covid-19-variant (B.1.617.2) nou in Suid-Afrika

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA. – Die Covid-19-variant (B.1.617.2) wat die eerste keer in Indië geïdentifiseer is, is by vier mense wat in Suid-Afrika woon, geïdentifiseer.

Nog 11 mense wat in Suid-Afrika woon, het positief getoets vir dié Covid-19-variant (B.1.1.7 ) wat die eerste keer in die Verenigde Koninkryk opgespoor is. Van dié 11 gevalle van B.1.1.7 is agt in die Wes-Kaap opgespoor, een is in KwaZulu-Natal en twee in Gauteng.

Indië se Covid-19-variant

Die B.1.1.7 is in gemeenskapsmonsters opgespoor en dit dui daarop dat die oordrag van B.1.1.7 van die gemeenskap reeds begin het.

“Ons herhaal dat daar geen rede tot paniek is nie, aangesien die grondbeginsels van die openbare gesondheidsreaksie (toetsing, kontakopsporing, isolasie en kwarantyn) nie verander het nie,” sê dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid.

LEES OOK: Man rand swanger meisie aan, trap talle kere op haar maag

LEES OOK: ‘Sperminator’ pa van 78 kinders met nog 13 vrouens swanger

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.