Ontsnapte Macaw Aluna weer op hok

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Aluna, ’n 15 week oue blou-en-goud Macaw (papegaai) wat uit haar hok in Herlear gekom het, is na twee dae se volgehoue moeite, uiteindelik veilig tuis.

LEES OOK: Bloed in gastehuis dalk dié van Yolandi Botes

Cherry picker kom tot die redding

Gister het spanne inwoners saamgekom om te help om die voël terug in haar hok te kry. Die brandweer het ook hulle hulp verleen, maar teen sononder was daar nog geen sukses nie.

Die spanne het vanoggend weer saamgekom en ’n cherry picker is beskikbaar gestel wat op die einde tot die redding gekom het.

Baie dankie

Kaylin, een van Aluna se eienaars, sowel as Belinda Ruth Prinsloo, wat Aluna van babatyd af grootgemaak het, wil graag die gemeenskap, die brandweer, Coastal Hire en vir Schalk, wat die cherry picker verskaf het, baie dankie sê.

As dit nie vir almal se hulp was nie, kon dinge baie anders uitgedraai het.

LEES OOK: Man opgehang gevind: ‘Hy was ’n baie goeie werker’

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.