Memorial service Mariëtte Beeslaar

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die gedenkdiens van die geliefde Mariëtte Beeslaar, ‘n graad 2-juffrou by Laerskool Eureka in Kimberley, vind Woensdag om 12:00 vanuit die Life Church plaas.

Mariëtte is oorlede ná sy Vrydagaand in ‘n motorongeluk op die N12 betrokke was. Sy en haar boesemvriendin, Charné van Wyk, ook ‘n onderwyseres by Eureka, was saam in die motor.

‘n Vragmotor was ook by die ongeluk betrokke.

Ilse van Wyk, Charné van Wyk se ma, het in ‘n onderhoud met FiND iT gesê haar dogter is tans nog in die intensiewesorgeenheid in die Rosepark-hospitaal in Bloemfontein.

Klik hier om na die uitsending te kyk.