Boer Soek ‘n Vrou – liefde toe al die tyd onder sy neus

Hy het onlangs op sosiale media gespog met ‘n donkerkop aan sy sy.

Boer Soek ‘n Vrou - liefde toe al die tyd onder sy neus

Boer Soek ‘n Vrou - liefde toe al die tyd onder sy neus Foto:Instagram

Kykers van die gewilde TV-reeks Boer Soek ‘n Vrou was nie beïndruk met boer Albert Smit toe hy die die nuus bekend maak dat hy en die blondekop, Marlia, nét vriende is nie.

Dié boer se liefdespad het nie hier geëindig nie. Hy het onlangs op sosiale media gespog met ‘n donkerkop aan sy sy. Boer Albert en Chante Kruger kuier nou deesdae saam.

Kruger was deel van boer Albert se top vyf meisies, maar hy het haar nie gekies om saam plaas toe te gaan nie. Die twee lyk tog te verlief op die foto’s wat onlangs van hulle geneem is.

Boer Soek ‘n Vrou se Albert

Inskrywing op Instagram

Bella-Louise-restaurant, waar die nuwe paartjie onlangs gesellig gaan verkeer het, het die geleentheid gebruik om bietjie uit te vra oor die twee. Albert het aan hulle vertel hy het die top vyf meisies met sy hart gekies en die top drie met sy kop.

Verder sê hy Kruger was baie skaam voor die kameras en hy voel dit het haar kanse om gekies te word, belemmer. Die twee is nou baie bly hulle kan mekaar weg van die kameras af weer leer ken.

LEES OOK: Seun spring by skoolbusvenster uit toe boelies hom na bewering teiken

LEES OOK: Ses dosisse Covid-19-entstof, vrou uit hospitaal na ‘ongeluk’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *