ITALIË. – ‘n Vrou (23) wat “per ongeluk” ses dosisse van die Pfizer BioNTech Covid-19-entstof ontvang het, is uit die hospitaal ontslaan waar sy gemonitor is.
Daniella Gianelli, die Noa-hospitaal se woordvoeder, het aan CNN gesê die pasiënt, wat in “goeie gesondheid” verkeer en geen onderliggende toestande het nie, is 24 uur onder streng waarneming in die hospitaal gehou en Maandag ontslaan. ‘n Gesondheidswerker het “per ongeluk” ‘n spuit met ‘n hele bottel entstof gevul, wat altesaam ses dosisse bevat, en het eers haar fout agtergekom nadat dit reeds toegedien was.
Toedien van ses dosisse Pfizer Covid-19-entstof glo nie doelbewus
Die vrou moes glo haar inenting ontvang omdat sy haar internskap by die sielkunde-afdeling van ‘n hospitaal voltooi.
“‘n Interne ondersoek is gelas, maar daar is glo ‘n sterk moontlikheid dat dit miskien net ‘n menslike fout was, en nie doelbewus nie,” sê Gianelli verder.
LEES OOK: Ma vergiftig glo haarself en vier seuns na woordewisseling met man
LEES OOK: Indië se Covid-19-variant (B.1.617.2) nou in Suid-Afrika
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



