FLORIDA. – ‘n Seun se pa beweer sy seun het verlede week by die skoolbusvenster uitgespring toe sy beweerde boelies hom glo begin terg het.
Plaaslike media berig Deon Murphy, die betrokke ouer, het verduidelik ouer kinders het hierdie skooljaar glo sy seun op die skoolbus begin boelie. Murphy het verder gesê hy het op beeldmateriaal van die jongste boelie-voorval afgekom.
LEES OOK: Voormalige Pukke-rugbykaptein sterf in ongeluk op pad na sy ma
Seun wat by skoolbusvenster uitspring, doen beserings op
Hy sê in die video spring die een student op sy seun se gesig en druk hom dan teen die venster. Toe hy val, neem die ander student sy skoen en in ‘n desperate poging om aan die afknouery te ontsnap, spring hy by die venster uit,” verduidelik sy pa wat in die beeldmateriaal bebeur.
Die seun het die voorval oorleef en het slegs harsingskudding en ‘n gebreekte elmboog opgedoen.
Was jy ook geboelie op skool en wil graag jou storie deel? Stuur jou storie aan [email protected] en ons kan jou storie annoniem deel.
LEES OOK: Ma vergiftig glo haarself en vier seuns na woordewisseling met man
LEES OOK: Indië se Covid-19-variant (B.1.617.2) nou in Suid-Afrika
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



