August 4, 2021

Man ontvoer en verkrag vrou na sy hom verwerp

Sy moes later die kroeg se sekuriteitsbeampte vra om haar by te staan.

Man ontvoer en verkrag vrou na sy hom verwerp

Man ontvoer en verkrag vrou na sy hom verwerp Foto: Vinepair

BLOEMFONTEIN. –’n Vrou is ontvoer en verkrag nadat sy ’n man in die openbaar verwerp het. ’n Vrou wat haar drankie in vrede in ’n kroeg wou geniet, moes die kroeg se sekuriteitsbeampte vra om ’n man, wat by haar aangelê het, te berispe. Daarna het die man haar gevolg en verkrag.

LEES OOK: Vermiste vrou kamp toe eintlik uit

Vrou verwerp man

Phaladi Shuping, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag van Suid-Afrika, sê die slagoffer het drank by ’n plaaslike kroeg gekoop en toe sy hoor sy mag dit nie huis toe neem nie, het sy besluit om in die kroeg te sit en drink.

“Tsietsi Amos Mphuti (30) het by haar aangelê, waarna sy hom in die openbaar verwerp het. Sy moes later die kroeg se sekuriteitsbeampte vra om haar by te staan.

Man volg haar

“Die slagoffer het die kroeg net na sononder verlaat en Mphuti het haar gevolg. Op pad huis toe het hy haar gegryp en haar in die huis van sy werkgewer, waarna hy omsien, gedwing. Die huis is ook deur gemeentelede vir beradingsessies gebruik. Hy het haar die hele nag verkrag en ook aangerand. Hy het haar eers die volgende oggend laat gaan.”

20 jaar vir verkragting

Die slagoffer het die voorval by die polisie aangemeld en Mphuthi is in hegtenis geneem.

Mphuti is tot 20 jaar gevangenisstraf vir verkragting en vyf jaar weens ontvoering in die Sasolburg-landdroshof opgelê.

LEES OOK: Bloed in gastehuis dalk dié van Yolandi Botes

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *