September 24, 2021

Vermiste vrou kamp toe eintlik uit

Hulle het haar tent gevind naby die verlate motor wat die bosdienswerkers vroeër opgemerk het.

Vermiste vrou kamp toe eintlik uit

Vermiste vrou kamp toe eintlik uit Foto: iheartintelligence

UTAH. – ’n Vrou (47), wat in November verlede jaar as vermis aangemeld is, is vyf maande later in ‘n nasionale woud gevind. Sy het glo daar gaan uitkamp omdat sy rus en vrede nodig gehad het.

LEES OOK: Bloed in gastehuis dalk dié van Yolandi Botes

Vrou distansieer haarself

Volgens die balju in Utah County woon die vrou, wie se naam nie bekend gemaak is nie, al vyf maande in Diamond Fork. Sy het besluit om haarself te distansieer van die res van die wêreld.

Verlede Sondag 2 Mei is die vrou deur ’n sersant-balju en hommeltuigvlieënier ontdek. Hulle het haar tent gevind naby die verlate motor wat die bosdienswerkers vroeër opgemerk het.

Na mediese sentrum geneem

Aangesien die vrou ’n aansienlike hoeveelheid gewig verloor het en swak voorgekom het, is sy na ’n nabygeleë mediese sentrum gestuur vir ’n fisiese en geestesgesondheidsondersoek.

Sy is die volgende dag ontslaan, ondanks geestesgesondheidsprobleme.

Alhoewel dit onduidelik is of sy na die gebied waar sy woon, sal terugkeer, het sy kos en nuwe toerusting gekry wat haar sal help om in die wildernis te oorleef.

LEES OOK: Meisie (14) vermis in Limpopo

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *