RUSTENBURG. – Sewentien mense is vanoggend in die hospitaal opgeneem ná ‘n beweerde gaslek by ‘n kantoor in Rustenburg.
ER24-paramedici, saam met die munisipale brandweerdiens, is na die toneel ontbied. Talle mense was toe reeds besig om die gebou te ontruim.
Arrive Alive berig die meeste pasiënte is op die toneel behandel.
Mense na hospitaal gejaag na vermeende gaslek
“Medici het die pasiënte ondersoek en gevind dat sewentien mense asemhalingsprobleme ervaar. Die pasiënte is behandel en daarna na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere sorg,” lui die verklaring verder.
Die besonderhede oor hierdie voorval is onbekend, maar die betrokke owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke. Nooddienste het nog nie bevestig by watter kantoor die voorval plaasgevind het nie.
LEES OOK: Meisietjie op N12 doodgery
LEES OOK: Indië se Covid-19-variant (B.1.617.2) nou in Suid-Afrika
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



