POTCHEFSTROOM. – ‘n Meisietjie (6) het noodlottige beserings opgedoen toe sy op die N12 naby Potchefstroom deur ‘n voertuig omgery is.
Toe ER24-paramedici Maandagmiddag om 14:30 op die toneel aankom, het hulle die dogtertjie in die linkerbaan van die snelweg gevind lê. “Sy het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel deur paramedici dood verklaar,” lui ER24 se verklaring.
Bestuurder geskok na meisie op N12 sterf
Die bestuurder van die voertuig het geen beserings opgedoen nie, maar was in vreeslike skok en is na ‘n hospitaal vir behandeling geneem. Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie.
Die voorval word deur die polisie ondersoek.
LEES OOK: Ma vergiftig glo haarself en vier seuns na woordewisseling met man
LEES OOK: Indië se Covid-19-variant (B.1.617.2) nou in Suid-Afrika
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



