Saamgegroeide tweeling suksesvol van mekaar geskei

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – ‘n Saamgegroeide tweeling van die Oos-Kaap is suksesvol van mekaar geskei in ‘n operasie by die Rooi Kruis-kinderhospitaal in Kaapstad.

‘n Woordvoerder van die hospitaal sê die identiese tweeling is na die hospitaal gebring toe hulle maar vier dae oud is. Ntombikayise Tyhalisi (31), die tweeling se ma, sê sy kon byna nie glo dat sy hulle elk in ‘n aparte arm kon hou ná die operasie nie.

Professor Tony Figaji, hoof van die pediatriese neurochirurgie-eenheid by die hospitaal, sê die tweeling was aan die skedels aan mekaar vasgegroei, die skaarsste vorm van saamgegroeide tweelinge.

Saamgegroeide tweelinge kom maar ongeveer een keer in elke 2,5 miljoen geboortes in die wêreld voor.

Dit gaan goed met Tyhalisi en die tweeling.