Meisie (14) vermis in Limpopo

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Khegula Innocent Modika (14) is al sedert 2 Mei 2021 vermis. Sy het in die Giyani-area vermis geraak.

LEES OOK: Bloed in gastehuis dalk dié van Yolandi Botes

Lugtyd gaan koop

Konst. Maphure Manamela, polisiewoorvoerder, sê Modika het haar ouerhuis verlaat en vir haar ouma gesê sy gaan lugtyd by ’n nabygeleë spazawinkel koop, maar sy het nooit weer teruggekeer nie en het spoorloos verdwyn.

Sy is laas gesien met ’n pienk T-hemp, ’n grys langbroek en blou sandale.

Nie by familie of vriende

Die polisie het soektogte by familielede, vriende en omliggende gebiede uitgevoer, maar Modika is nie gevind nie.

Enigiemand met inligting oor waar sy haarself bevind, kan kapt. Makhubela by 0827290327 skakel.

LEES OOK: Uber ondersteun polisieondersoek na Yolandi Botes-moord

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.