Vermiste vrou (29) se ma ‘siek van bekommernis’

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Die vermiste vrou (29), Liechia Botha, se familie verstaan nie hoekom daar nog geen nuus oor haar is nadat sy laas op 5 Maart 2021 gesien is nie.

“Ek kan nie verstaan nie. Soveel pamflette is uit. Soveel mense soek my kind, maar sy is nêrens. Here, asseblief help. Waar is my kind? Dit is vandag haar verjaarsdag,” skryf Diana Botha, Liechia se ma, ‘n week gelede op haar Facebook-blad.

Vermiste vrou van Kraaifontein

Liechia is van Kraaifont ein. Sy het jeans op die dag van haar verdwyning aangehad. Sy het haar werk in Maart verloor en sy het sedertdien nog nie weer met haar familie kontak gemaak nie.

Enigiemand wat weet waar Liechia haar bevind, moet asseblief die Kraaifontein-polisie by 021 980 5500 of 021 980 5535 skakel.

LEES OOK: Die lewe deur reisigers se oë: ‘Ons het onmiddellik in die pad geval’

LEES OOK: Boer Niel en sy Cheréze – liefde blom omtrent tussen dié twee

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.