Nóg ‘n helikopter stort neer, een dood

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – ‘n Helikopter met twee insittendes het Vrydagaand om 18:00 in die die Vaal Marina neergestort.

“Ondersoeke dui daarop dat ‘n Robinson R44-helikopter met twee insittendes ongeveer tweehonderd meter van die oewer van die dam neergestort het,” het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, bevestig.

Een insittende is sover oorledene. Die slagoffer is deur polisieduikers gevind en aan wal gebring.

“Die tweede insittende is nog nie gevind nie, maar is vermoedelik ook noodlottig beseer.”

LEES OOK: Vermiste vrou (29) se ma ‘siek van bekommernis’

LEES OOK: Boer Niel en sy Cheréze – liefde blom omtrent tussen dié twee

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.