Die liefde blom omtrent tussen boer Niel Bruwer en sy Cheréze van die dertiende seisoen van Boer Soek ‘n Vrou.
Boer Niel was van die begin af almal se gunsteling en hy het ook die meeste briewe in die seisoen gekry. Nou dat hy liefde gevind het, kan aanhangers nie uitgepraat raak oor die paartjie nie.
Boer Niel spog op sosiale media
Niel boer op ‘n vrugteplaas op Prins Alfred en Cheréze, ‘n grimeerkunstenaar, is van Hopefield. Die twee sit gereeld foto’s van hulle op sosiale media wat daarop dui dat hulle sommer gereeld by mekaar kuier.
“By jou voel ek veilig, gelukkiger as wat ek ooit gedink het menslik moontlik kan wees. Jy inspireer en motiveer my elke dag om die beste ek te wees. Dis vir my ‘n voorreg om my lewe saam met jou te geniet,” skryf Cheréze op Instagram by ‘n foto van haar en Niel.
“Mooiste mooi paartjie. Volwasse uitkyk op die lewe. Deur seer gewerk, geestelike en emosioneel gegroei deur julle omstandighede. Net ‘n wenmodel,” skryf ‘n aanhanger.
LEES OOK: KYK: EFF besoek Spur na werknemer by werk ineenstort, sterf in hospitaal
LEES OOK: KYK: Polisie word ondersoek na hulle ‘slaap’ terwyl vrou verkrag is
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



