Bruid vervals kanker om vir droomtroue te betaal

Deel hierdie storie / Share this story

’n Britse vrou het voorgegee sy het terminale kanker en het familie, vriende en selfs die media om die bos gelei en almal laat glo sy het net twee maande oor om te leef. Hoekom? Om vir haar droomtroue te betaal. Selfs haar man het haar liegstories gekoop.

LEES OOK: Vermiste man se liggaam gevind

Draai almal ’n rat voor die oë

Sedert Julie 2017 het Toni Standen (29) vriende en familie laat glo sy het terminale kanker en het net twee maande oor of te leef. Sy het so ver gegaan om al haar hare af te skeer en onderhoude met verskeie koerante te doen.

Standen het op sosiale media en aan haar vriende en familie gesê haar grootste wens is om haar droomtroue te hê en haar pa (wat regtig met kanker gediagnoseer is) daar te hê om haar na die kansel toe te begelei.

Donasies vir droomtroue

Mense het dadelik gespring en vir Standen ’n GoFundMe-blad oopgemaak om geld in te samel vir haar droomtroue.

Die paartjie is in die somer in ’n Katolieke kerk in Widnes getroud.

Man vermoed niks

Haar niksvermoedende man (toe verloofde) was oortuig daarvan dat sy aanstaande siek is en is eers na die troue ontnugter.

Vriende het uiteindelik agterdogtig geraak nadat Standen eweskielik nie te siek was om in Europa rond te reis nie.

Twee vriende het haar tydens ’n oproep gekonfronteer en Standen het erken dit was alles leuens.

Gevonnis

Daar was bespiegelinge dat Standen se man van haar wou skei, maar hy het haar deur die hofsaak bygestaan.

Staden is op 22 Desember 2020 tot vyf maande tronkstraf gevonnis en is beveel om die geskenkte geld terug te betaal.

LEES OOK: Nageboortedepressie: wat jy moet weet