August 4, 2021

Nageboortedepressie: wat jy moet weet

Dit beteken nie jy is ’n slegte ma nie.

Nageboortedepressie: Wat jy moet weet

Nageboortedepressie: Wat jy moet weet Foto: MGH Center

Nageboortedepressie is steeds een van die dinge waaroor daar selfs vandag nie genoeg gepraat word nie. Daar is selfs mense wat oortuig is daar bestaan nie so iets nie.

As jy ’n nuwe mamma is wat al vir meer as twee weke hartseer, hopeloos, leeg, selfs emosieloos voel, moet jy verder lees.

LEES OOK: Liggame van vermiste paar langs pad gevind

Wat is nageboortedepressie?

Volgens Womens Health is nageboortedepressie die tydperk na geboorte wanneer gevoelens van hartseer, hopeloosheid, leegheid, emosieloosheid vir langer as twee weke aanhou.

Soms kan vroue hierdie gevoelens vir twee tot vyf dae na die geboorte van hulle baba ervaar, maar indien dit enigsins langer aanhou, moet daar hulp gesoek word.

Nageboortedepressie is ’n ernstige vorm van depressie wat jou gedrag en liggaamlike gesondheid beïnvloed. Die gevoel van hartseer sal nie verdwyn nie en dit kan met jou daaglikse lewe inmeng.

Jy voel moontlik nie ‘n band met jou baba nie, asof jy nie die baba se ma is nie, nie lief of omgee vir die baba nie.

Hierdie gevoelens kan minder ernstig tot baie ernstig wees.

Simptome van nageboortedepressie:

  • Voel onrustig of buierig;
  • Voel hartseer, hopeloos of oorweldig;
  • Huil baie;
  • Het gedagtes om die baba seer te maak;
  • Het gedagtes om jouself seer te maak;
  • Toon geen belangstelling in die baba nie, voel nie verbonde aan die baba nie, of voel asof jou baba iemand anders se baba is;
  • Het geen energie of motivering het nie;
  • Eet te min of te veel;
  • Slaap te min of te veel;
  • Sukkel om te fokus of besluite te neem;
  • Het probleme met geheue;
  • Voel waardeloos, skuldig of soos ’n slegte ma;
  • Verloor belangstelling of plesier in aktiwiteite wat jy vroeër geniet het;
  • Onttrek van vriende en familie;
  • Kry hoofpyn, maagprobleme of ander pyne wat nie verdwyn nie.

Kry hulp:

Sommige vroue vertel niemand van hulle simptome nie. Nuwe ma’s voel dalk skaam of skuldig oor hulle depressief voel as hulle veronderstel is om gelukkig te wees. Hulle kan ook bekommerd wees dat hulle as slegte ma’s gesien word. Enige vrou kan depressief raak tydens swangerskap of nadat sy ’n baba gehad het. Dit beteken nie jy is ’n slegte ma nie. Jy en jou baba hoef nie te sukkel nie. Daar is hulp. Jou dokter kan jou help om uit te vind of jou simptome deur depressie of iets anders veroorsaak word.

Vir hulp gaan na PNDSA – Post Natal Depression Support Association: www.pndsa.org.za of SMS ‘help’ en jou naam na 082 882 0072.

Het jy ook nageboortedepressie gehad? Vertel jou storie op healforhope.com.

LEES OOK: Vermiste man se liggaam gevind

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *