PORT ELIZABETH. – ’n Vermiste paar se ontbinde liggame is langs ’n pad in Port Elizabeth gevind. Die liggame van Zola Michael Mahlanyana (59) en Ntombizodwa Booi (46), wat sedert 29 April 2021 vermis was, is langs die pad in Swartkops gevind.
LEES OOK: Man ontvoer en verkrag vrou na sy hom verwerp
Vermiste paar verdwyn
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die paar is laas in hulle voertuig saam met ’n onbekende man gesien. Die voertuig is later verlate gevind.
Liggame gevind
“’n Vragmotorbestuurder het Maandag 10 Mei 2021 omstreeks 10:00 op die liggame in die bos langs die M19 afgekom. Hy het ’n veiligheidsbeampte van ’n nabygeleë besigheid daarvan in kennis gestel en hulle het die polisie ontbied.
Die liggame, wat al gedeeltelik ontbind het, is positief met Mahlanyana en Booi verbind en is as die paar geïdentifiseer. Daar is in hierdie stadium onsekerheid oor hoe hulle dood is. ’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word en sal die oorsaak van hulle dood bepaal.
Niemand is nog in verband met hulle dood in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.
LEES OOK: Skoonheidskundige knip glo vrou se wimpers af toe sy nie betaal nie
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



