’n Skoonheidskundige het ’n video op TikTok gedeel waar sy glo ’n kliënt se wimpers met ’n skêr afgeknip het nadat die vrou se kaartbetaling nie deurgegaan het nie.
LEES OOK: Blommelegging vir Yolandi Botes
Knip glo wimpers af
In die video, geplaas deur TikTok-gebruiker @lashesbyleenax, wys sy waar sy glo ’n kliënt se wimpers met ’n skêr afknip. Die onderskrif lees: Wanneer dit tyd is om te betaal en haar kaart gaan nie deur nie.
Die eindresultaat laat die vrou met stomp wimpers. Haar natuurlike wimpers is ook saam met die vals wimpers afgeknip.
Grap of nie?
TikTok-gebruikers is nie seker of dit ’n grap is en of iemand se wimpers werklik afgeknip is nie.
Die video is meer as ’n miljoen keer gekyk en mense kan hulle oë nie glo nie.
LEES OOK: Pixie Pink praat met Yolandi se suster: geregtigheid vir Yolandi



