Vermiste man se liggaam gevind

Deel hierdie storie / Share this story

ROODEPOORT. –  Marco Paulo (32) wat sedert 7 Mei 2021 vermis is, se liggaam is gevind.

Charné Lamb, Paulo se niggie, het aan FiND iT bevestig sy liggaam is in die Roodepoort-lykshuis gevind.

Geen verdere inligting is in hierdie stadium beskikbaar nie.

Paulo het vermis geraak toe hy in die Roodepoort-area gaan stap het nadat hy ’n epileptiese aanval gehad het.

LEES OOK: Blommelegging vir Yolandi Botes