Polisiebeampte skiet glo meisie tydens woordewisseling

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – ‘n Vrou in ‘n hospitaal beweer haar kêrel, ‘n polisiebeampte (29), het haar glo tydens ‘n woordewisseling geskiet.

Ndileka Cola, woordvoerder van die onhafhanklike polsieondersoekdirektoraat (OPOD), sê die beampte het sy meisie na die voorval na die hopsitaal geneem en gesê sy is tydens ‘n huisrooftog geskiet.

Polisiebeampte wat glo meisie skiet, verskyn vandag

“Die betrokke beampte het daarna ‘n saak by die polisie gaan oopmaak.”

Toe OPOD die slagoffer in die hopsitaal besoek, het sy glo gesê haar kêrel het haar tydens ‘n woordewisseling geskiet.

Die verdagte sal vandag (Donderdag) in die Mount Fletcher-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord, dwarsboming van die gereg en meineed.

LEES OOK: KYK: Meisie amper dood omdat Ma ‘te lui is’ om luise uit te kam

LEES OOK: KYK: Polisie word ondersoek na hulle ‘slaap’ terwyl vrou verkrag is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.