IRAN. – Ali Fazeli Monfared, ‘n 20-jarige gay man, is na bewering in ‘n “eredood” deur sommige van sy manlike familielede vermoor nadat hulle van sy homoseksualiteit uitgevind het.
Volgens NBC-nuus het Monfared aansoek gedoen om nie die verpligte militêre diens te doen nie. Hy wou die land verlaat en na Turkye trek om by sy goeie vriend te gaan woon. Die land laat toe dat mans van hulle militêre verpligtinge vrygestel word indien hulle gay of transgender is. Die wet bepaal deels ‘n persoon kan bevry word van sy militêre diensplig as hy geestelik siek (homoseksueel) is.”
Gay man glo deur vier famlielede doodgemaak
Monfared het sy kaart in die pos ontvang wat bevestig het dat hy van militêre diensplig vrygestel word omdat hy gay is. Van sy manlike familielede het dit gesien en van sy homoseksualiteit uitgevind. Sy familie het hom glo daarna begin dreig.
Daarna het vier manlike famlilielede hom na bewering na ‘n dorpie geneeem waar hulle hom glo doodgemaak het. Daar word verder berig daar was sprake dat verdagtes in hegtenis geneem is, maar dit is nie die geval nie.
LEES OOK: KYK: EFF besoek Spur na werknemer by werk ineenstort, sterf in hospitaal
LEES OOK: KYK: Polisie word ondersoek na hulle ‘slaap’ terwyl vrou verkrag is
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



