DURBAN. – Economic Freedom Fighters (EFF) in Buffalo City het die Spur besoek nadat ‘n werknemer dood is nadat sy glo gedwing is om te werk, alhoewel sy siekverlof gevra het.
In die video waarin die die EFF in die Spur vergader, praat hulle met ‘n man, glo die beatuurder van Spur, en eis dat hy na aanleiding van die voorval afgedank word.
EFF besoek Spur met eise
Daar word beweer die werknemer, Funiwe Nkebe, het glo ingebel om te sê sy is siek, waarna sy glo gedwing was om steeds te gaan werk. Sy het toe vir werk opgedaag, maar het kort daarna ineengestort. Sy is toe na ‘n hospitaal geneem waar sy gesterf het.
Die EFF se streeksekretaris, Xolile Mboni, sê hulle vereis dat Spur die volle kostes van Nkebe se begrafnis moet betaal. Die party versoek ook Spur moet die slagoffer se kinders se skoolgeld betaal.
Die oorsaak van die slagoffer se dood word ondersoek.
Kyk hier na die video waarin die EFF die Spur besoek:
LEES OOK: KYK: Meisie amper dood omdat Ma ‘te lui is’ om luise uit te kam
LEES OOK: KYK: Polisie word ondersoek na hulle ‘slaap’ terwyl vrou verkrag is
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



