Help, my geliefde het kanker

Deel hierdie storie / Share this story

Hoe ondersteun jy ‘n geliefde wat kanker het sonder om hul heeltyd daaraan te herinner? Baie mense moet die droewige pad saam met hul geliefdes stap. Sommige mense oorwin kanker, ander lewe nog lank met die kanker saam, maar dan is daar diegene wat weens die siekte min tyd oor het. Dit is egter baie moeilik om ‘n geliefde met kanker by te staan. Studies toon wel dat emosionele bystand van familie en vriende wonders doen vir ‘n kankerpasiënt. Hier is ‘n paar maniere hoe jy jou geliefde kan ondersteun, asook waarvoor jy versigtig moet wees.

Wenke deur CancerCare:

Luister. Dit is dikwels ‘n uitdaging as ‘n geliefde ‘n lewensbedreigende diagnose het. Probeer luister sonder om te oordeel. Jou vermoë om saam met jou geliefde te sit terwyl hulle die gevoelens deel, is waarskynlik een van die belangrikste bydraes wat jy tot die welstand van jou geliefde kan lewer.

Gee slegs advies as dit van jou gevra word. Vriende en geliefdes neem die taak om ondersoek in te stel na die diagnose, behandelingsopsies of kliniese toetse, oor. Dit kan baie nuttig wees, aangesien die inligting dikwels oorweldigend is. Wat nie nuttig is nie, is om te sê: “Jy moet dit probeer” of “Jy moet dit doen.” Laat eerder jou geliefde weet dat jy navorsing gedoen het en laat hom of haar toe om te besluit of hulle meer wil weet.

Ondersteun jou geliefde se besluite oor behandeling. Alhoewel jy in staat is om besluitneming te deel, is dit die liggaam en gees van jou geliefde wat die impak van kanker moet dra.

Bly verbind. Kankerbehandeling kan lank duur, en die kankerreis duur voort na die laaste dag van behandeling. Mense met kanker let dikwels op dat vriende en familie “nie meer skakel nie” na die aanvanklike diagnose. Om oor die langtermyn gereeld in te loer, is baie goed en baie betekenisvol vir die persoon met kanker.

Hou dinge normaal. Ons probeer dikwels om die lewe vir die persoon wat deur kanker gaan, makliker te maak deur dinge vir hulle te doen. Dit is ‘n manier om nuttig te voel in ‘n tyd waarin ons andersins hulpeloos sou voel. Dit is egter net so belangrik om jou geliefde se wense om steeds normale “voorkanker”-take te doen, te respekteer. Vir sommige mense kan die kans dat kanker hul lewens oorneem, dinge verminder soos om aandete te kook of verder te werk. Jou geliefde wil dalk nie sy of haar kanker bespreek nie, en dit is goed om gesprekke te voer wat nie oor die diagnose gaan nie.

Wees ontvanklik vir jou geliefde se behoeftes wanneer die behandeling verby is. Dit is dikwels die tyd wanneer mense die omvang van wat hulle deurgemaak het, begin verwerk. Voor dit was hulle diep betrokke by en afgelei deur al die mediese bekommernisse soos om behandeling te kry en die newe-effekte die hoof te bied. Alhoewel jou geliefde dalk nie meer hulp nodig het om deur die behandeling te kom nie, het hy of sy moontlik nog steeds jou emosionele ondersteuning nodig.

Wees daar. Dit kan iets so eenvoudig wees as om saam met jou geliefde tydens behandeling te sit. Doen alles wat vir julle albei werk, en moenie bang wees om iets nuuts te probeer nie.

Vermy om die volgende aan ‘n persoon met kanker te sê:

“Alles gaan regkom.” Kankerpasiente is dikwels baie emosioneel. Ons kom dikwels in die versoeking om te sê: “Jy sal oukei wees” as ons hartseer gedagtes hoor, maar vals troos kan vir die persoon wat met kanker leef, klink dat jy nie die werklikheid en uitdagings van sy of haar situasie wil bespreek nie.

Sê wel:

“Sê waar ek kan help.” Jou geliefde voel dalk skaam om hulp te vra of voel dat jy belas word. Vertel jou geliefde hoe en wanneer jy kan help. Wees konkreet en prakties. Bied iets spesifieks aan, soos om elke oggend met die hond te gaan stap, kruideniersware te koop of die persoon na behandeling toe te ry.

“Ons gaan saam hierdeur gaan.” Dit is vertroostend om jou geliefde te verseker dat jy daar vir hom of haar sal wees.

“Ek is hier as jy wil praat.” Deur dit te sê, kan jy ‘n omgewing skep waar jou geliefde gemaklik voel en in staat is om emosies en gevoelens sonder oordeel uit te druk. Mense wat met kanker leef, praat dikwels oor hul kanker omdat ander dit vra. Deur jou geliefde toe te laat om dit self aan te roer, kan hul gesprekke oor hul diagnose op hul voorwaardes voer.

Om met kanker gediagnoseer te word, is nie maklik nie, maar dit help wel die pasiënte as hulle weet hul hoef dit nie alleen in die oë te staar nie.

Foto: Victoria Anderson Pinterest

Lees ook: Het jy geweet Google kan allerhande vreemde dinge doen?