SUID-AFRIKA. – Strenger inperking is dalk Suid-Afrika se voorland nadat vir die eerste keer na ‘n lang tyd meer as 3 000 nuwe positiewe gevalle in die land aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het vanoggend (Vrydagoggend), gesê Suid-Afrikaners kan moontlik “strenger beperkings” in die gesig staar. Die aantal positiewe gevalle wat elke dag aangemeld word, is aan die styg en vele provinsies gaan die derde vlaag binne.
Strenger inperkings nog nie bevestig nie
Daar word beweer die strenger beperkings kan moontlik behels dat die getal mense wat geleenthede bywoon, minder gemaak word. Die aandklokreël kan weer verleng word en’n beperking op die verkoop van alkohol kan moontlik weer ingestel word.
Daar is egter nog geen bevestiging van strenger inperkings of dat die land na ‘n hoër vlak beweeg nie.
LEES OOK: Die lewe deur reisigers se oë: ‘Ons het onmiddellik in die pad geval’
LEES OOK: Boer Niel en sy Cheréze – liefde blom omtrent tussen dié twee
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



