August 4, 2021

‘Verkragting van vroue en kinders is skandelik’ – Bheki Cele

Hy het belowe die polisie sal teen oortreders optree.

Die koers van verkragting van vroue en kinders in Suid-Afrika het met 4% gedaal.

Die koers van verkragting van vroue en kinders in Suid-Afrika het met 4% gedaal. (Foto: Daily Maverick)

JOHANNESBURG.- Bheki Cele, die minister van polisie, beskryf die verkragting van vroue en kinders in Suid-Afrika as skandelik. Dit volg na hy die misdaadstatisiekte vir die eerste kwartaal van 2021 bekend gemaak het.

Volgens IOL het Cele gesê alhoewel verkragtingsgevalle van vroue en kinders in Suid-Afrika met 4% gedaal het, is dit steeds onaanvaarbaar dat vrouens en kinders so geteiken word.

Hy het gesê die regering sal moet seker maak hulle rol hulle moue op in die geveg teen geslagsgebaseerde geweld. Hy het belowe die polisie sal teen oortreders optree.

“Terwyl daar ‘n afname in die gevalle van seksuele misdrywe was, is 9 518 persone tussen Januarie en Maart verkrag. Dit is ‘n afname van 387 gevalle. Dit kom neer op ‘n afname van amper 4% in vergelyking met die vorige verslagtydperk.”

Lees ook: KYK: Halfkaal man geskiet oor hy mense met mes steek

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *