JOHANNESBURG. – ‘n Video doen die rondte van ‘n halfkaal man wat met die polisie baklei en glo enigiemand wat naby aan hom kom, met ‘n mes steek.
Klik hier om na die video te kyk.
Na wat berig word het die polisie telkemale probeer om die man onder beheer te kry voordat hulle op hom moes begin skiet.
Hy moes onmiddellike behandeling ontvang en was in ‘n kritieke toestand toe paramedici op die toneel aangekom het.
Volgens News24 het die voorval Donderdag op ‘n Johannesburgse pad plaasgevind.
Een polisiebeampte het ‘n steekwond in die voorval opgedoen.
Die polisie het die man aanvanklik iewers vir oortreding gaan verwyder.
“Terwyl die polisie besig was om hom na die hospitaal te neem vir evaluasie, het hy aan die binnekant van die voertuig geslaan om te probeer uitkom,” sê kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, aan News24. “Toe die polisie stop om ondersoek in te stel, het die man aggressief geraak en polisielede en verbygangers met klippe gegooi.”
Na verskeie waarskuwings het die polisie die man in die been geskiet.
Hy is na die Baragwanath-hospitaal geneem.



