Pick n Pay sê hul skuld klante R200 miljoen se punte

Pick n Pay doen ‘n beroep op klante om asseblief na hul puntebalans te kyk.

Pick 'n Pay sê daar is R200 miljoen se onopgeëisde punte

Pick 'n Pay sê daar is R200 miljoen se onopgeëisde punte (Foto: Tech Central)

Pick ‘n Pay sê hulle het R200 miljoen se onopgeëisde punte. Pick n Pay se Smart Shopper-skema gee sy klante afslag by die betaalpunt, asook verdien hulle punte op ‘n kaart. Hierdie punte kan as geld gesien word, maar dit het ‘n vervaldatum. Jy kan jou punte gebruik om te betaal vir iets wat jy by Pick n Pay wil koop.

Volgens Bussisness Insider sê Pick n Pay hulle het tans 8,5 miljoen aktiewe Smart Shoppers, wat 75% van die kere hul kaart swipe as hul iets koop.

Pick n Pay doen ‘n beroep op klante om asseblief na hul puntebalans te kyk.

Daar is verskillende maniere om ‘n Pick n Pay Smart Shopper-kaart te registreer en die puntebalans na te gaan, onder meer:

Skakel die USSD: * 134 * 930 * [kaartnommer] #
WhatsApp, na die nommer +27 60 070 3037
Gebruik die Pick n Pay-webwerf of die Pick n Pay-app op iPhone of Android.

Lees ook: Tienermeisie sterf tydens seksuele aanranding

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *