Bekende Brigadier Dick de Waal oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Brig. Dick de Waal, bekende en geliefde brigadier in die Noord-Kaap en hoof van die Valke in Kimberley (Directorate for Priority Crime Investigation) is oorlede.

De Waal was bekend vir sy uitmuntende werk in die Griekwastad-moorde, die Pofadder-moord, sowel as vele ander sake.

De Waal is vandag oorlede nadat hy vir ’n geruime tyd in Mediclinic Gariep-hospitaal was.

Medelye stroom op De Waal se Facebook-blad in.