Die 27-jarige Andrea Meza is Sondagaand as Mej. Heelal aangewys. Suid-Afrikaners is geskok oor Natasha Joubert, wat Suid-Afrika by Mej. Heelal verteenwoordig het, nie die top 21 gehaal het nie.
Die geleentheid het in Florida in die VSA plaasgevind.
Julia Gama van Brasilië is as die naaswenner gekroon en Janick Maseta del Castillo van Peru was derde.
Baie Suid-Afrikaners is geskok en selfs teleurgesteld omdat Joubert nie as Mej. Heelal aangewys is nie.
Rolene Strauss, voormalige Mej. Wêreld, het op Instagram gesê sy is steeds in ontkenning dat Natasha Joubert nie die top 21 gehaal het nie.
Margaret Gardiner het ook op Instagram geskryf: “Dankie dat jy Suid-Afrika so mooi verteenwoordig het.



