Tiener spring uit bewegende motor tydens rusie met ouer

Deel hierdie storie / Share this story

TEXAS. – ‘n Tiener (15) is dood toe sy tydens ‘n argument met haar ma uit ‘n bewegende motor op ‘n snelweg gespring het.

Ondersoeke dui daarop dat die meisie deur ‘n ander motor getref is nadat sy uitgespring het. Die motor het glo weggejaag. Talle motoriste op die snelweg het dit aanskou en beskryf dat hulle getraumatiseerd is deur die voorval.

Tiener dood na sy uit motor spring

‘n Motoris wat direk agter die ma en dogter gery het, het aan die ondersoekbeamptes gesê sy moes uitswaai om die tiener te vermy nadat sy in die pad gespring het.

Dit is nog onduidelik waaroor sy en haar ma gestry het voor sy besluit het om uit te spring. Sy is op die toneel dood verklaar.

“Ons moet die persoon wat haar raakgery het vind en uitvind wat gebeur het,” het Thomas Gilliland, balju van Harris County, gesê. “Miskien het hulle nie besef nie, maar sodra hulle die meisie getref het, moes hulle besef het dat dit ‘n liggaam was. Die bestuurder wat die meisie raakgery het, kan moontlik aangekla word omdat hy die ongelukstoneel verlaat het.”

LEES OOK: VIDEO: Vyf vas na man in parkeerarea geskop, geslaan word

LEES OOK: Veloorplanting vir 7 maande oue baba na fratsongeluk met haardroër

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.