Onthou om vervalde lisensies te hernu

Deel hierdie storie / Share this story

Die tyd om vervalde lisensies te hernu raak al hoe minder. Bestuurderslisensies en professionele bestuurspermitte wat in die aanvanklike inperking (26 Maart 2020 – 31 Desember 2020) verval het, moet binnekort hernu word om boetes te voorkom.

Die sluitingsdatum vir hierdie vervalde lisensies is 31 Augustus 2021.

LEES OOK: Verdagtes vergiftig glo honde, hol weg voor hulle plaas beroof

Hernu vervalde lisensies, vra departement

Die Noord-Kaapse die departement van vervoer, veiligheid en skakeling, herinner die publiek aan die sluitingsdatum en vra almal om hulle lisensies te hernu om boetes te voorkom en nie die wet te oortree nie.

Lisiensiekantore gereed

“As departement kan ons mense verseker al ons lisensiekantore is oop en gereed om kliënte te ontvang. Alle veiligheidsmatrieëls is in plek gestel en ons wil mense herinner om ‘n masker te dra wat beide hulle mond en neus bedek.”

LEES OOK: Tasse vol liggaamsdele by trein uitgegooi

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.