DURBAN. – ‘n 45-jarige man van hier sê hy is vier keer met ‘n mes in sy gesig gesteek toe boewe hom beroof het. Hy sê hy ag hom gelukkig dat hy nie sy oog verloor het nie.
Volgens IOL het Rasik Purmasar lugtyd by ‘n winkel gaan koop en op pad huis toe is hy deur twee mans genader. Hy sê nog voordat hy kon besef hulle is besig om hom te beroof, was hy reeds plat op die grond nadat hy van agter af geskop is.
Hy is toe aanhoudend geskop terwyl die rowers sy sakke deursoek het. Hy vertel hy het sy bewussyn verloor toe hy sien hoe ‘n derde man ‘n mes na sy kant toe swaai.
In gesig met mes gesteek toe boewe hom beroof van sy selfoon en ‘n paar rand
Hy het na die voorval opgestaan en huis toe gegaan terwyl daar bloed van sy gesig af gestroom het.
“Ek kon my oog verloor het vir ‘n selfoon en ‘n paar rand.”
Purmasar is vier keer bo sy wenkbroue gesteek en het 12 steke gekry. Purmasar het gekies om nie ‘n saak oop te maak nie. Hy sê hy het geen vertroue dat die polisie die aanvallers sal kry nie.
Die tussentydse voorsitter van die Moorton-gemeenskapspolisiëringsforum, Rocky Pillay, het gesê hulle is Maandag oor die roof ingelig. Pillay het slagoffers van misdaad versoek om dit by die polisie aan te meld sodat misdaadpunte geïdentifiseer kan word en polisiepatrollies verhoog kan word. Pillay gee ook die skuld vir nie-funksionerende straatligte vir die ondersteuning van kriminele gedrag.
“Bilal Khan, die ondervoorsitter, het 40 straatwagkomitees en WhatsApp-groepe in die omgewing gestig. Ons werk almal op WhatsApp. Ons moet saamstaan. Eenheid is krag. Ons staan verdeeld, daarom geniet misdadigers voordeel” het Pillay gesê.
Also read: James Corden will gewig verloor sodat hy “beter” vir sy gesin kan wees



