January 24, 2021

James Corden will gewig verloor sodat hy “beter” vir sy gesin kan wees.

Foto: Mirror

Volgens All4women het James Corden (42) by Weight Watchers (WW) aangesluit. Hy het sy besluit om by WW aan te sluit, verduidelik: “Ek wil my lewenswyse verander. Ek wil beter wees vir my gesin.”  Hy sê hy het vir die afgelope 15 jaar elke Januarie vir almal om hom gesê hy gaan gewig verloor en het dit nooit gedoen nie.  “Ek is keelvol vir hoe ek lyk, ek is keelvol vir die feit dat ek ongesond is, dié is die jaar wat ek dit doen.” Hy sê ook hy het dié Desember alles in sy yskas geëet, want in sy kop is hy vanaf Januarie op ‘n dieet.

Die bekende TV-aanbieder en akteur het jare lank gesukkel om sy liggaam te aanvaar, maar het nou daarteen besluit. Hy het die WW gekontak en vir hulp gevra.  WW het aan hom verduidelik dat ’n dieet nie die antwoord is nie. Hy moet hulle planne volg wat gaan oor ’n gesonder leefstyl en dit sal hom help.  Corden sê hy sien uit daarna om nie meer skaam te kry as hy en sy seun op die sokkerveld speel nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *