Man wen R30 miljoen nadat hy nommers in fliek sien

KENTUCKY. – ’n Man, wat nie geïdentifiseer wil word nie, het $2 miljoen, ongeveer R30 miljoen, Lotto-geld gewen nadat hy die nommers lank gelede in ‘n fliek gesien het.

Hy het die kaartjie op 26 Desember by ’n vulstasiewinkel in Princeton, Kentucky, gekoop. Die man gebruik al jare lank dieselfde getalle en is geïnspireer deur ’n fliek waarin ’n karakter die Lotto met dieselfde nommer-kombinasie wen.

Die man het drie jaar gelede na sy werk teruggekeer en kon ook daarna uiteindelik aftree.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: