Is daar dae waarop jy dieselfde getalle oor en oor sien, op mense se nommerplate of horlosies? Dink jy dit het ’n betekenis?
Volgens Beliefnet het Doreen Virtue in haar boek oor engelgetalle gesê: “Jou engele kommunikeer gereeld boodskappe aan jou deur vir jou getalle te gee.” Sy sê engele is die oorsaak dat jy heeltyd ’n spesifieke getal sien. Hulle fluister vir jou om daai spesifieke oomblik op te let na engelgetalle, byvoorbeeld op ’n kar se nommerplaat wanneer hy verby jou ry.
Talle mense glo dat engele gebruik maak van hierdie metode om gedetailleerde boodskappe by jou uit te kry. Engele maak glo gebruik van getalle omrede dit universeel gebruik word.
In Virtue se boeke verduidelik sy die betekenisse van die bekendste getalkombinasies wat deur engele gegee word. Alhoewel jy net die woorde angel number, gevolg deur die getalle, google en die betekenis sal vir jou gegee word.
Volgens Virtue is die volgende ’n paar algemene getalle en hul betekenisse:
111- Jy moet jou gedagtes noukeurig dophou. Jy moet net dink oor wat jy wil hê en nie oor wat jy nie wil hê nie. Hierdie getalkombinasie is ’n teken dat daar ’n pad na geleenthede vir jou gaan opgaan, maar jou gedagtes het ’n invloed daarop.
144- Die getal dien as ’n herinnering van die doel wat jy op aarde het.
000- Is om jou te herinner dat jy een met God is en dat jy Sy liefde binne jou kan voel.
Glo jy dat engele met jou kommunikeer deur getalle?



