Oudpresident Jacob Zuma is Woensdagaand kort voor middernag deur ‘n konvooi voertuie by sy woning in Nkandla weggeneem.
Die polisieministerie het Woensdagaand in ‘n verklaring bekendgemaak Zuma is nou ‘n gevangene.
Zuma het besluit om hom aan die polisie te oorhandig na hy tot 15 maande tronkstraf gevonnis is vir minagting van die hof.
Die konstitusionele hof het Zuma vyf dae gegee om hom aan die polisie te oorhandig en indien hy dit nie sou doen nie, het die polisie drie dae gehad om hom in hegtenis te neem.
Dudu Zuma-Sambudla, Jacob Zuma se dogter, het kort na die konvooi vertrek het, op Twitter bevestig haar pa is weggeneem.
Verskeie buitelandse media soos BBC het ook berig oor “voormalige Suid-Afrikaanse president” wat in hegtenis geneem is.
Zuma is nou in die Estcourt-gevangenis as een van 512 gevangenes opgesluit. Hy het Donderdagoggend kort voor 01:30 by dié tronk aangekom.
Lees ook: Haïti se president vermoor
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



