TikTok geposjeerde eier-wenk loop skeef en brand vrou se gesig

Die wenk stel voor jy sit die eier vir 90 sekondes in die mikrogolfoond.

Conway deel haar herstelproses op haar TikTok-blad.

Conway deel haar herstelproses op haar TikTok-blad.(Foto: New York Post)

VERENIGDE KONINKRYK. – ‘n Vrou (25) het ‘n geposjeerde eier-wenk, wat sy op TikTok gesien het, probeer. Die wenk het baie skeef geloop en letterlik in haar gesig opgeblaas.

Volgens New York Post het Chantelle Conway ‘n video op TikTok geplaas waarin sy mense gewaarsku het om nie die wenk te probeer nie.

Sy gebruik die TikTok geposjeerde eier-wenk al vir twee jaar

“Ek het letterlik my gesig en nek gebrand,” sê Conway. Sy gebruik glo die wenk, wat veronderstel is om ‘n vinnige manier te wees om die perfekte geposjeerde eier te maak, al vir twee jaar lank. Die wenk stel voor jy sit die eier vir 90 sekondes in die mikrogolfoond.

Conway het glo die eier in ‘n koppie met kookwater gesit en dit vir 10 sekondes in die mikrogolfoond laat draai. Sy het daarna ‘n koue lepel in die koppie gedruk om die eier uit te haal. Dit het glo ‘n reaksie veroorsaak en kookwater het in haar gesig geskiet.

“Dit was die seerste wat ek nog ooit gehad het en ek het twee natuurlike geboortes gehad.”

Conway het direk na die voorval haar gesig in koue water gedruk. Dokters sê dit het gehelp dat die skade aan haar gesig nie erger was nie.

“Dit het gevoel iemand brand my konstant met ‘n brandfakkel.”

Sy het mediese sorg ontvang en haar vel is aan die herstel. “My gebrande vel is besig om te vervel soos ‘n slang s’n.”

Conway deel haar herstelproses op haar TikTok-blad, sodat sy ander mense kan waarsku teen die geposjeerde eier-wenk.

Lees ook: ‘Masknee’ en die voorkoming daarvan – lesers vertel

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *