Mosselbaai-dassies word met blaaspyltjies geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

MOSSELBAAI. – Die DBV van Mosselbaai doen ‘n beroep op enigiemand wat kan help met inligting oor wie die dassies by die Punt met blaaspyltjies skiet, om dit te raporteer.

Skakel die volgende nommer om enigiets verdag te rapporteer: 072 278 1761

Beskerm Mosselbaai se dassies deur kwaaddoeners te rapporteer

Inspekteur Wally het twee blaaspyltjies uit hierdie dassie gehaal.

(Foto: Mosselbaai DBV facebook-blad)

Die DBV van Mosselbaai het hierdie foto op hul Facebook-blad gedeel van die inspekteur en die dassie. Ondersteuners het die volgende boodskappe gelos:

“So ‘n pragtige foto van dankbaarheid.” – Marelise Brand

“Dankie Wally, die dassie se gesig loop oor van dankbaarheid. Shame.”- Charmain van Rooyen

Lees ook: Aghori: Die vreedsame kannibalistiese sekte van Indië