Bejaarde in Paul Roux-aftreeoord verkrag en vermoor

“Die feit dat ‘n bejaarde persoon so wreed in ‘n aftreeoord tussen ander bejaardes vermoor is, is ‘n bewys dat misdadigers nie afgeskrik word deur die polisie of die regstelsel nie.”

Bejaarde in Paul Roux-aftreeoord verkrag en vermoor

Bejaarde in Paul Roux-aftreeoord verkrag en vermoor Foto: American Academy

VRYSTAAT. – ‘n Bejaarde vrou, Gertjie Booysen (78), is die week in haar huis in ‘n atreeoord op Paul Roux verkrag en vermoor.

Kapt. Phumemelo Dhlamini, polisiewoordvoerder, sê ‘n aanvaller het glo deur die loop van Maandagnag oor die aftreeoord se heining gespring. Daarna het die aanvaller na bewering Booysen se deur oopforseer. Volgens Dhlamini is Booysen glo in haar bed gemartel waarna sy toe verkrag is.

“Die verdagte is Dindagoggend gesien toe hy glo oor die muur van die oord geklim en weggehardloop het. Sover word niks uit haar huis vermis nie.”

Verdagte verskyn nadat bejaarde verkrag, vermoor is

Volgens Dhlamini is die verdagte daarna in hegtenis geneem. Hy sal vandag in die Paul Roux-landddroshof op aanklag van moord en verkragting verskyn.

Die VF Plus verwelkom die feit dat ‘n verdagte intussen in hegtenis geneem is, maar “die feit dat ‘n bejaarde persoon so wreed in ‘n aftreeoord tussen ander bejaardes vermoor is, is ‘n bewys dat misdadigers nie afgeskrik word deur die polisie of die regstelsel nie.”

“Die VF Plus sal aanhou om druk op die regering te plaas om aandag te skenk aan hierdie soort misdaad om verdere onnodige bloedvergieting te voorkom,” sê Jan van Niekerk, VF Plus- provinsiale leier in die Vrystaat.

Volgens die verklaring wat deur die VF Plus uitgereik is, is die oorledene met ‘n mes gesteek. Sy het aan haar wonde in ’n hospitaal beswyk.

LEES OOK: KYK: Man se harde werk van drie jaar binne ure vernietig

LEES OOK: Horner-moordsaak lei tot inhegtenisneming van vyf polisielede

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *