Horner-moordsaak lei tot inhegtenisneming van vyf polisielede

Hulle inhegtenisneming het plaasgevind as gevolg van die ondersoek na die Horner-moordsaak.

Borgtog: Sewe vry na Horner-moordsaak lei tot inhegtenisnemings

Borgtog: Sewe vry na Horner-moordsaak lei tot inhegtenisnemings Foto: Facebook

VRYSTAAT. – Die ondersoek na die plaasvoorman Brendin Horner (21) se moord, het daartoe gelei dat sewe mense, waaronder vyf polisielede, in hegtenis geneem is.

Daar word berig dat die sewe na bewering by veediefstal betrokke is. Hulle inhegtenisneming het plaasgevind as gevolg van die ondersoek na die Horner-moordsaak. Kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke, sê die vyf polisielede is tussen die ouderdom van 28 en 50 jaar. Die ander tweee verdagtes is onderskeidelik ‘n 30-jarige en 50-jarige. Volgens Singo is die verdagtes almal in Bloemfontein en Ladybrand vasgetrek. Twee vuurwapens is ook glo in hulle besit gevind.

Horner-moordverdagtes loop vry

Singo sê hierdie inhegtenisnemings is deel van die groter prentjie. Die sewe word van veediefstal, dwarsboming van die gereg en meineed aangekla. Hulle sal na verwagting Donderdag in die Ladybrand-landdroshof verskyn.

Die twee moordverdagtes, Sekwetja Mahlambi (32) en Sekola Matlaletsa (44), is ‘n maand gelede borg toegestaan nadat hulle in Oktober 2020 in hegtenis geneem is. Die saak teen die twee verdagtes is nou oorgedra na die hooggeregshof op Bethlehem, waar ‘n voorverhoor op 23 Augustus 2021 begin.

LEES OOK: Brandstoftekort dalk SA se voorland indien onluste voortduur

LEES OOK: KYK: Polisie keer mense wat Kimberley-bottelstoor ‘wil plunder’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *