KYK: Man se harde werk van drie jaar binne ure vernietig

“Hulle het verby my gery op my motorfietse. Dit is iets wat ek nooit sal vergeet nie.”

KWAZULU-NATAL. – “Die besigheid wat ek opgebou het. Die bloed, sweet en trane van die afgelope drie jaar is in ‘n kwessie van ure vernietig,” so skryf die eienaar van The Bike Shack in Pinetown op sy besigheid se Facebook-blad.

Rodney van Rooyen vertel aan Netwerk24 meer as 40 motorfietse en ander voorraad is Dinsdag tydens die gewelddadige onluste in die provinsie gesteel. Hy vertel verder hy kon hoogstens 12 motorfietse, 30% van sy gereedskap en ‘n paar ander goedjies red.

Alles is vernietig

“Die res van my besigheid is geplunder! Ons het gedoen wat ons kon, ons het letterlik baklei om die paar fietse en los stukke en stukkies wat ons kon terug te kry. Ek het by die plunderaars gepleit om my goed te los.”

In die video kan gesien word hoe Van Rooyen by sy besigheid aankom na sy winkel se alarm afgegaan het. Buite staan sy bakkie in ligte laaie.

“Hulle het verby my gery op my motorfietse. Dit is iets wat ek nooit sal vergeet nie.”

LEES OOK: Horner-moordsaak lei tot inhegtenisneming van vyf polisielede

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *