Karlien van Jaarsveld neem vrou en baba vanaf straat in

Karlien van Jaarsveld neem vrou en baba vanaf straat in

Karlien van Jaarsveld neem vrou en baba vanaf straat in Foto: Facebook

Karlien van Jaarsveld het vanoggend ‘n storie op haar sosiale media gedeel wat baie se harte geraak het. ‘n Storie wat sy sê nie eers haar man of ma van weet nie.

Ons almal het al by ‘n verkeerslig stilgehou en ‘n persoon, oud en selfs jonk, staan by ons ruit op soek na kos of geld. Ons kyk dan skaam weg, vermy oogkontak of swaai met ons hand dat die persoon moet loop. Karlien vertel van die kere wat sy self ongemaklik gevoel het by die verkeerslig by McDonalds – vir dié met die klaalvoete, min klere en hartseer in hulle oë.

Karlien van Jaarsveld maak haar hart oop

“Ek is altyd besig om trane te verdoesel agter ‘n donkerbril in my kar wanneer ek by die robot stilhou. My hart breek wanneer hy of sy vra vir iets, en jy ry bietjie vorentoe om die ongemaklike kyk na jou in jou motor, met die McDonalds op die sitplek langs jou, te vermy… Maar ek knoop gewoonlik in elk geval ‘n twee minute gesprek aan by die rooi verkeerslig met die persoon in die dun klere en koerante in sy hand. Hy lag altyd, sê steeds beleefd dankie en vertel dat dit goed gaan, of ek R200 gee, of niks. Ek kan sien sy pad was hard. Ek kan sien hy ken dieptes van pyn wat vir meeste ongekende grond is. Hy het ‘n ander kyk in sy oë as die wat ek ken in my ‘normale’ wêreld.”

Sy vertel van die dag wat sy besluit het om die ma wat met haar babaseuntjie op straat staan, te gaan haal. Sy stop by die ma en sê: “Hi, can I take you home? You look hungry.”

“Dis nou ‘n instelling.”

sê Karlien

Sy vertel die ma was eers verward en die seuntjie bang, maar tog het die vrou in haar motor geklim. Sy neem die twee huis toe, tap vir hulle ‘n bad en haal klere uit haar en haar seuntjie se kas uit. Karlien en haar huishulp het ‘n ete begin voorberei. “Sy het min gepraat en was aanvanklik deurmekaar, sy het vir die eerste keer na die ete gesmile (ek smile ook makliker op ‘n vol maag). Haar seuntjie en myne het met mekaar gespeel.”

Karlien vertel verder sy het daarna die vrou gevra waarheen sy wil gaan, waarop haar antwoord Plasticview was. Daar is sy weer afgelaai met sakke vol goed wat aan haar gegee is.

“Dis nou ‘n instelling vir my en haar en haar babaseuntjie. Elke week tel ek my ander gesin op by dieselfde plek wat ek eens anders aanskou het, vir ‘n bad, ‘n ete en so bietjie speel. Dan laai ek haar weer af in haar realiteit en ek ry terug na myne, met ‘n hart vol gedagtes. Sy weet nou al ek groet met trane, ek probeer dit nie meer wegsteek nie.”

Foto: Facebook

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *