Aghori: Die vreedsame kannibalistiese sekte van Indië

Ten spyte van die Aghori-sekte se rituele word hulle as vreedsaam beskryf.

Ten spyte van die Aghori-sekte se rituele word hulle as vreedsaam beskryf.(Foto: The Sun)

INDIË. – Die Aghori-sekte van Indië is een van die gelowe waarop daar baie neergekyk word, weens die vreemde manier waarop hulle lewe en hulle rituele wat deur ander mense as bisar gesien word. Hulle is ‘n sekte van die Hindoe-geloof, maar word deur trasionele Hindoes verwerp.

Volgens History of yesterday sluit van die Aghori se godsdienstige rituele in om urine te drink, sonder klere te wees en ook kannibalistiese gedrag.

Wat die Aghori-sekte doen met lyke is afgryslik

Shav Putra (Dead Son) is een van die rituele wat ander mense beslis snaaks na die Aghori’s laat kyk. Tydens die Shav Putra word daar op ‘n lyk gemediteer. Die lyk word dikwels uit die Ganges-rivier gevis, waar Indiërs wat dit nie kan bekostig om hulle ontslape geliefdes te laat veras nie, die lyke los.

Indien dit die lyk van ‘n vrou is, vind daar gewoonlik eers seksuele omgang daarmee plaas. Die kop van die lyk word dan afgekap en die kopbeen word bewaar. Die Aghori’s glo die kopbeen huisves die meeste energie. Hulle hou dit as ‘n herinnering aan die verganklikheid van die lewe en drink gereeld daaruit.

Onder ‘n nuwe maan sing hulle mantras, bring offers aan Shiva en eet dan die vleis van die lyk. Die Anghori’s glo hierdie offerandes en rituele gee vir hulle hoë spiritualiteit en bonatuurlike kragte en bring hulle in kontak met Shiva.

Aghori glo in god Shiva

Hulle glo Shiva het alles gemaak en dit moet gelyk hanteer word, of dit goed of sleg is. Om daardie rede glo hulle om die slegte te verhef, die mooi in die lelike te probeer vind. Hul algemene doelwit is om ‘n balans te handhaaf tussen goed en sleg. Verder glo die Aghori’s ook dat meditasie hulle nader aan hul god bring.

Hulle is altyd met as bedek

Dit is deel van hulle voorkoms om min tot geen klere te dra en hul liggame met as, afkomstig van veraste liggame, te bedek. Hulle glo ook glad nie daaraan om hul hare af te sny nie of om te was nie.

Ten spyte van die Aghori-sekte se rituele word hulle as vreedsaam beskryf

Die Aghori se rituele lei nooit tot beserings of skade van ander nie. ‘n Aghori dra ook nooit haat saam met hom nie en sit alle negatiewe energie om in meditasie.

Lees ook: Escobar: Waarom wetenskaplikes Colombia se seekoeie wil doodmaak

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *