KYK: KZN-premier in die sop na hy plunderaar op video slaan

KWAZULU-NATAL. – Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal, het vure doodgeslaan en om verskoning gevra nadat ‘n video van hom versprei is waarin hy ‘n plunderaar rondruk en slaan.

In die video gryp die premier ‘n plunderaar (man) aan sy arm, trek hom nader en slaan hom twee keer op die rug. Daarna hardloop die man weg.

Premier vra om verskoning na hy man slaan

“Die premier vra om verskoning oor die voorval. Die premier betreur die vlak van geweld wat gebruik word om die plunderaar aan te keer, wat probeer het om goedere wat in ‘n nabygeleë pakhuis gesteel is, te neem. Alhoewel die optrede van die plunderaar ook nie reg was nie, is die manier waarop die situasie hanteer was, verkeerd,” het Lennox Mabaso, woordvoerder van die premier gesê.

LEES OOK: KYK: Man se harde werk van drie jaar binne ure vernietig

LEES OOK: Horner-moordsaak lei tot inhegtenisneming van vyf polisielede

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *