Zoom-fiksheidsessie red egpaar van aanvallers

Die drie verdagtes is in die huis betrap en in hegtenis geneem.

Zoom-fiksheidsessie red egpaar van aanvallers

Zoom fiksheidsessie red egpaar van aanvallers

NAMIBIË. – ’n Zoom-fiksheidsessie is die rede vir ’n egpaar se noue ontkoming nadat drie rowers hulle in hulle huis op Swakopmund aangeval het.

LEES OOK: Pasgebore baba naby skool gelos

Aanvallers wat egpaar aanrand op Zoom-fiksheidsessie gesien

Riaan Booysen (67) en Elizabeth Rossouw (65) was Dinsdag besig om ’n aanlyn oefensessie op Zoom by te woon toe drie rowers hulle huis binnegedring en die paar met ’n panga aangeval het.

Min wetend het die sessie die aanval regstreeks aan nog mense wat die uitsending bygewoon het, gewys en is die buurtwag sowel as die polisie ontbied.

Ileni Shapumba, polisiewoordvoerder, het aan The Namibian gesê die voorval het omstreeks 08:00 plaasgevind.

Slaan met tafel se poot

Elzaan Wylie, die paartjie se skoondogter, het ook aan The Namibian gesê die egpaar het die aanvallers gesmeek om op te hou.

Die aanvallers het glo vir Riaan baie erg geslaan en geld en kluissleutels geëis. Hulle het glo ook ’n poot van ’n tafel afgebreek en hom herhaaldelik in die gesig daarmee geslaan.

Polisie neem verdagtes in hegtenis

Die drie verdagtes is in die huis betrap en in hegtenis geneem.

Wylie sê Riaan is in die hospitaal opgeneem en is in ’n stabiele toestand, hoewel daar gepoog word om sy oog, wat in die proses beskadig is, te red.

LEES OOK: Ouers los opstandige tiener op verlate eiland om haar ’n les te leer

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *