August 1, 2021

Ouers los opstandige tiener op verlate eiland om haar ’n les te leer

Alhoewel die eiland gee elektrisiteit of lopende water het nie, was sy darem nie alleen nie en was deur ’n oorlewingsdeskundige vergesel.

Ouers los opstandige tiener op verlate eiland om haar ’n les te leer

Ouers los opstandige tiener op verlate eiland om haar ’n les te leer Foto: The Mirror

Ouers van ’n 13-jarige tiener was moedeloos met haar gedrag. Nadat hulle reeds alles probeer het en niks gewerk het nie, het hulle glo besluit om haar op ’n verlate eiland te los in die hoop om haar ’n les te leer.

Alhoewel die eiland geen elektrisiteit of lopende water het nie, was sy darem nie alleen nie en is deur ’n oorlewingsdeskundige vergesel.

LEES OOK: Ma wys berg wasgoed van twee maande

Ouers moeg vir tiener se swak gedrag, los haar op verlate eiland

Die ma en pa was moeg vir hulle dogter se swak gedrag en hulle wou haar ’n les leer oor swaarkry en teëspoed omdat sy glo geweier het om skool toe te gaan en heeldag in haar kamer gebly het.

Hulle het glo alles probeer, maar niks het gewerk nie

Dit is toe wat hulle besluit het om haar na die eiland te neem, wat ongeveer een kilometer van die kus van die stad, Rushan, China geleë is. Die eiland is al jare lank verlate.

Net beskuitjies en water

Die meisie het glo net beskuitjies en water gehad om van te oorleef. Teen dag twee het sy dit reggekry om die aandag van ’n vissersboot te trek.

Vissermanne ontbied polisie

Die vissermanne het die polisie ontbied. By die polisie se aankoms het die tiener die situasie aan hulle verduidelik en gesê sy kan dit nie meer hanteer om net op beskuitjies en water te moet oorleef nie.

Polisie dring aan ouers gaan haal haar

Die polisie het toe die ouers beveel om hul angsbevange dogter huis toe te neem.

Hulle het huiwerig ingestem om dit te doen, nadat hulle opgemerk het dit lyk asof sy gedurende die tweedaagse verblyf meer volwasse geword het.

LEES OOK: Student en ouma sterf weke uit mekaar

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *